Testimonials:

 Middag Hennie/Marla,

 Hoop alles is nog wel met julle?

 Ek neem kennis van die feite in die verslag maar gelukkig is julle met die kennis mos daar om na ons arm beleggers se sake om te sien!  Dit is tog een van die primere redes hoekom ons met julle is en sal bly want julle het julle vaardighede oor tyd bewys waar julle in slegte  markomstandighede nogsteeds aan ons die groei soos belowe gegee het!! My opregte dank aan julle!

 Geniet julle dag!

 Groete,

 Bill

 

 Skuus Hennie ek dog ek deel met jou die Louws se trials en tribulations tans.  Met Marina gaan dit nie te goed nie – sy is moeg van  verpleegster en versorger speel en haar entoesiasme en geduld is somtyds maar dun. Sy wil/kannie begryp wat die Here in plek het vir  ons nie, end it is nou byna 1 jaar dat sy met my sit, en nou nog die huis gedoente ook.  Marina wil my ook nooit alleen los so sy is baie  vasgebind.

 Anyway dankie Hennie dat ek die kan share met jou as iemand met ongelooflike begrip en deernis, ek weet jy sal nie aksepsie neem oor  my skrywe nie maar eerder bly wees dat ek in jou confide. Verskoon my tikfoute – ek tik met die een vinger waarmee ek kan – dit is ‘n  gesukkel.

 Groetnis

 Marius Louw

 Beste Marla,

 Eerstens, baie dankie vir die ruiker wat julle aan my gestuur het. Dit was ʼn groot verrassing en dit word werklik baie waardeer. Dit wys      julle hart en is ʼn voorreg om met julle geassosieer te word.

 Dankie ook vir die moeite wat jy gedoen het met die verskaffing van inligting ten opsigte van my sus se mediese fonds. Ek het ʼn e-pos vir  haar gekry en sal alles net so deurstuur vir haar insae. Sy sal egter nog die vrymoedigheid hê om jou te skakel sou daar enige verdere  vrae wees.

 Groete,

 Oom Anton

 Vreeslik dankie Marla!!

 Net se julle het regtig great kliente diens! Ek was nog nie een dag spyt dat ek my geld by julle bele het nie. Waardeer julle baie!!

 Belinda Lingenfelder

 

     More Marinda,

     Moet net noem dat jul diens ongelooflik goed is, baie dankie vir jou.

     Annelie
 

 

Beste Julien,

Baie dankie. Die ontekking was suksesvol en ek het gister die fondse ontvang. Dankie vir spoedige en goeie diens. Ek sal julle in kontak hou rakende die volgende inbetaling.

Vriendelike groete.

Don Campbell

 

More Hennie

Baie dankie vir jou insette. Dis vir my n groot seën om jou in my lewe te mag hê en jou raad en opinie is vir my goud werd.

Lekker dag!

 

Regards/Groete

Gisela van Garderen Rolfes

 

     Hennie,

     More, more

     Ek wil dankie se vir die bekendstelling aan Jacques en die Pleroma oganisasie. Ek het verskeie vereistes gehad en versoeke en dit is op n

     baie effektiewe wyse hanteer met resultatae in uitstekende tyd.

     Lekker naweek.

    Groete

    Jaco Mostert

gallery/leon_smit

 

     Baie dankie vir julle puik diens Marla

Lehann,

Ja, dankie dat jy opvolg. Al die eposse kom by my uit…. 

Dit gebeur nie baie dat ’n lewenspolis uitbetaal terwyl die verskerdes nog lewe nie.  Vat ’n goeie makelaar om dit reg te kry!

Groot waardering vir julle.  Hennie het my destyds gesê hiervan en ek was maar skepties.  Al wat ek nou kan terug antwoord is die geld is in die bank en Viva Diamond status….

Dra asb. my dankie oor vir julle hele span.

Groete,

Heinrich Smit

Dear Hennie,

Thank you for your presentation at our trustees’ meeting last week.  Thank you also for spending time with me afterwards to discuss and explain my financial position.

Kindest regards

Barbara Gilmour

Baie dankie Monicque vir jul ongelooflike goeie diens

Groete en geniet die naweek

Rika van Rooyen
Chief Sales and Marketing Officer

Hello Hennie, Marla & Monicque,

Baie dankie vir julle volhehoue, deurlopende flink diens.

 Ek waardeer dit opreg.

 Groete

 Thea Horn

Baie dankie Monicque,

 Jou diens is uitstekend soos altyd!!

 Waardeer jou moeite.

 Groete,

Jacques du Toit

Well done Monique, jy KOOK!

Dankie vir jou deursettingsvermoë, en die goeie gesindheid waarmee jy hierdie laaste 2.5 maande aangepak het, jy is 'n STER!

Dis regtig 'n plesier om iemand soos jy...Lees verder!

gallery/img_5190

Subject: Re: Shoe Booster Benefit: WJ Pretorius Final Feedback

Baie baie dankie Marinda sjoe ek het nie gedink dis moontlik nie!!!! Dink jy verdien verhoging na die een.

Baie dankbaar!!!

Admin Manager

ICS Interior Contracting Solutions 

 

Hi Marla
Dankie vir jou uitstekende hulp aan my. Kan nie glo dit gebeur nog so vinnig nie. Ek is tevrede en ons kan voortgaan
Thanx
Lerita

 

Baie dankie vir die puik diens Marinda.
Ek voltooi vanaand die vorms en stuur more oggend terug.
Vriendelike Groete

Gerrie van Rensburg
Marketing Director

 

Hi Monicque
Baie dankie vir uitstekende hulp. Ek waardeer dit geweldig baie
Dankie
Lerita

 

Dear Marinda

Re: Vitality Gold Status Representation

It is a couple of weeks later, but I feel I must thank you once again for assisting us with the representation to get to Gold Status!

You were a star, and surely is an acquisition  to Hennie Goosen’s office!!!

Please convey my appreciation  to everyone at Discovery that has been involved in the consideration of our special request.

Just to proof that we are serious about getting to Gold status again - as I wright this email on 9 February 2018, we are already on 82 650 points. By doing our fitness checks tomorrow, we should be way past 90 000 !!!  

 

Kind Regards

 

Gerrie van Rensburg

Marketing Director

 

Marla,

Baie dankie. Julle kyk baie mooi na ons familie so ek sou nerens anders ooit gaan nie.

Lekker dagie en dankie weereens vir alles.

Morné J van Heerden

B.Eng Civil (Stellenbosch) | M.Eng: Civil Hydraulic Structures (Stellenbosch) | AMSAICE

 

Good afternoon Hennie,

 

Thank you for your valuable input at our meeting this morning.  Thank you also for coming to my home for the meeting.  It was a pleasure to hear about your fantastic  boat trip with your wife.  You are truly blessed to have a lovely companion on your travels.  Please give her my best regards.

 

I shall let you know when cash is available  to start the special investment we discussed this morning.

 

Kindest regards

 

Barbara Gilmour

 

Middag Hennie, Marla en Monicque

Dankie vir die uitstekende diens en advies. 

Baie geseënde Kersfees en veilig reis.

Vriendelike groete

Susan

Hallo Hennie ,

Ons waadeer jou betrokkenheid in hierdie saak rondom Mathilda se welstand .

Vriendelike groete ,

Dirk